LettersOpinion

Dronk bure loop kaal, vloek en skel

"Bekommerde buurman," Dalview, skryf:

Ons het, deur die genade van die Here, ‘n huis in Buxtonlaan, Dalview, ontvang, maar deur die toedoen van Satan het ons bure later hier langs ons ingetrek; mense wat gedurig dronk is en baie lawaai.

Hierdie mense raas van vroeg-aand af tot die volgende oggend om 5vm. Hieroor was die polisie reeds ‘n paar keer uitgeroep; wat eenmaal katastrofiese gevolge vir hulle ingehou het.

Die bure het selfs een nag, vier van hulle, kaal in die straat geparadeer en die polisie was ook getrakteer op ‘n kaal manspersoon, wat in die deur, wydsbeen stelling ingeneem het. Daarna het hulle die gasvrydheid van die staat geniet teen ‘n redelike koste.

Die groot probleem, wat al ‘n hele ruk aangaan, is die feit dat beide man, vrou en besoekende vriende almal aanhou swets en vloek soos matrose.

Aangesien hulle almal meestal besope is, bestaan die woordeskat net uit woorde van onder dames se rokke uit.

Verder is vierletter woorde die enigste grammatika wat hulle blykbaar ken.

Hierdie mense is vir ons, ons besoekers en almal wat by hulle huis verby loop ‘n groot verleentheid, want hulle gaan dag en nag te kere.

Jou ore tuit lettelik van die vloek- en skelwoorde wat by hul monde uitkom, soos ‘n AK-47 wat automaties afgevuur word.

Is daar iets wat ek kan doen om hierdie mense tot stilswye te bring, want hulle het alle beskaafde standaarde oorboord gegooi en nou word ons Christelike waardes geheel en al deur hulle misbruik en afgetakel?

Ek dink die woord wat hulle dalk moet aanleer is om nie te “abuse” nie, want dit sal vir hulle beslis ‘n nuwe woord wees.

Van “abuse” en misbruik gepraat, op Sondag (9 Februarie) was daar twee klein kindertjies in die huis van hierdie mense teenwoordig.

Een van hulle het groot geword by ons bure en sy moet nou ongeveer agt jaar oud wees, maar die seuntjie is na my skatting tussen 10 en 18 maande oud.

Wat hierdie kinders se uiteindelike opvoeding gaan wees hoef niemand te raai nie, want die woorde wat hulle heeldag oor bestaan uit F, P, K en D (wat almal vierletter woorde is).

Op hierdie klein seuntjie is daar gedurig hardop geskreeu en gevloek, tot laat in die nag; daarvoor het my gade al ‘n keer die polisie uitgeroep, maar nog is dit het einde niet!

Related Articles

2 Comments

  1. Ek ken daardie gevoel baie goed en ek weet hoe julle voel ek woon nie eers in julle straat nie maar glo my ek weet waarvan jy praat. ons het bure langs ons wat ook dag en nag drink en vloek en skel tot in die oggend ure ons is al so moeg vir dit woorde kan nie eers beskruif nie. Selfs in die week genade my kinders moet die volgende dag skool toegaan maar dit is nie vir hulle iets om oor om te gee nie. Ek het al baie keer gevoel ek kan deur die muur loop en hulle te lyf gaan, maar ek gaan nie n hulle lae vlak toe dal nie. Dat hulle lewers nog nie gebars het nie is n wonder, maar ons moet seker daarmee saam leef want hulle gaan nie verander nie. Sterkte daar!

  2. Eina tog ek het dieselfde probleem, verskil is net deur die dag is ons bure (oorkant die pad) baie stil asof hulle almal slaap, vanaand vloek en skree hulle, by die huis se hek staan hulle kliphard en aan gaan. Of dit net drank is wat hulle gebruik sal mens nie weet. Hele aand veral van Vrydag tot Sondag is dit met karre in en uit, die vroumens (met so ‘n 2 jarige seuntjie) vloek en probeer vensters en deure breek omdat die man binne is en haar nie wil laat ingaan. Nodeloos om te sê hulle woordeskat is ook net onder die belt. Ek het al die kleuter 2 uur in die oggend buite hoor speel, hy word toegelaat om in die pad te speel terwyl hulle gras sny op die sypaadjie. Dis geen wonder niemand het meer respek want dit is hoe baie van vandag se kinders groot gemaak word.

Check Also
Close
Back to top button