Local newsNews

VLU skop die jaar af

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-Unie het onlangs sy eerste vergadering vir die jaar gehou.

Die tak het by dié geleentheid ook ‘n prysuitdeling gehou, en lede is beloon vir hul kreatiewe werk, deur die loop van verlede jaar.

Lede van die VLU kan gedurende die jaar aan ‘n verskeidenheid kompetisies deelneem en sodoende punte bymekaarmaak.

‘n Prysuitdeling word jaarliks gehou, waartydens lede met die meeste punte in elke kategorie erkenning ontvang.

Die lede wat Dinsdag een of meer trofeë ontvang het is:

Sylvia Smit (gebak); Susan Potgieter (gebak, gebottel en hekelwerk), Hettie Basson (gebottel, mikorgolf, naaldwerk, foto’s en blomme); Sjaan Buchel (vasgesteld en breiwerk), Lena Strydom (skryfwerk), Irma du Plessis (ope-afdeling).

Sylvia Smith het die meeste punte deur die loop van verlede jaar bymekaar gemaak en is daarvoor beloon met die top toekenning.

Hettie Basson was kort op haar hakke met die tweede meeste punte.

Die Brapan-tak van die VLU vergader elke eerste Dinsdag van die maand, in die saal van die NH Kerk, Brakpan Harmonie, geleë te Dirk van der Hoffweg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button