Editor's choiceLocal newsNews

Hulde aan Madiba by Kersfees Skouspel

Frans Swart, die hoofuitvoerende beampte van Lefra Produksies, het Saterdagaand namens Lefra Produksies en Carnival City, hulde gebring aan die vorige staatspresident van Suid-Afrika, Nelson Mandela, tydens die jaarlikse Kersfees Skouspel wat in die Big Top Arena aangebied is.

Die kunstenaars Rina Hugo, Jannie Moolman, Arina de Witt, Jay, Alwyn Oberholster, Liza Brönner, Kobus Muller, Henrico Coetzer, Jaconell Mouton, Mauritz Lotz, Vinnie Henrico, Denny Lalouette en Luke van der Merwe het saam hulde gebring en ’n puik weergawe van die Volkslied gesing.

Swart het gesê dat Madiba ’n besondere sagte plekkie vir die kunste gehad het. Hy het ook ’n staaltjie vertel toe Fanus Rautenbach en Zack du Plessis genooi is vir tee by Mandela.

“Fanus het vertel dat Mandela baie van hulle stories geken het en dat hy het lekker gelag het daarvoor,” het Swart gesê.

Swart het bygevoeg dat Fanus en Zack ook nie meer saam met ons is nie.

“Ek dink hulle vertel vandag grappe in die hemel,” het Swart gesê.

Die huldeblyk is afgesluit met ’n vyf sekonde stilte oomblik as herinnering aan Mandela en daarna het die kunstenaars en gehoor die Volkslied uit volle bors gesing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button