Local newsNewsSchools

Brakpan Kunswedstryd vereer top deelnemers

Die gala geleentheid was by Hoërskool die Anker aangebied.

Die Brakpan Kunswedstryd het onlangs ‘n gala geleentheid by Hoërskool Die Anker aangebied om die deelnemers met die hoogste punte in Afrikaans, Engels, musiek, kuns en dans te vereer.

Die wenners is verdeel in verskillende kategorieë, naamlik voorskool, grondslagfase, senior primêre fase, en hoërskool fase.

Daar is ook in elke kategorie ‘n mees veelsydige leerder aangewys.

Die uitblinkers vir die voorskool item is:
• Zanell Smuts van Laerskool Brakpan-Oos se Graad R klas, met die hoogste punt vir kuns.
Die grondslagfase wenners is:

• Ruben Pieterse van Laerskool Die Arend in Graad Drie, met toekennings vir hoogste punte in Afrikaans en Engels, sowel as vir mees veelsydige leerder in die grondslagfase.

• Elihle Mazibuko van Dalpark Private School in Graad Drie, met die ‘highest mark in English’ toekenning.


Mekaylan Khandoo met sy sertifikaat en trofee.

• Nové Lourens, ‘n Graad Twee leerder aan die Laerskool Brakpan-Oos, het die hoogste punt in kuns behaal.

• Niahné Bothma van die Laerskool Die Arend in Graad Drie het die hoogste punt in dans behaal.
Die senior primêre fase wenners is:

• Julie Jacobs van die Laerskool Brakpan-Oos in Graad Vyf en Lillian Byles van Laerskool Die Arend, Graad Vyf, hoogste punt in Afrikaans.

• Mekaylan Khandoo van Dalpark Private, Graad Vyf, het die ‘highest mark in English’ bekom.

• Zane van Rheede van Oudtshoorn van Brakpan- Oos in Graad Sewe het die hoogste punt in Engels.

• Blessing Celestin van Dalpark Private, Graad Sewe, het die ‘highest mark in music’ bereik.

• Mia Barnard, ‘n Graad Ses leerder aan Laerskool Jan van Riebeeck, het die hoogste punt in kuns.

• Chelsey Kok van Laerskool Die Arend, Graad Vyf, het die mees veelsydige leerder vir Graad Vier tot Sewe trofee ontvang.


Ruben Pieterse.

Die hoërskool fase se wenners is:
• Nikita Jacobs van die Hoërskool Stoffberg, Graad Agt, het die hoogste punte in Afrikaans en Engels, sowel as die mees veelsydige leerder van Graad Agt to 12 trofee ontvang.

• Bianca van Jaarsveld onder Intune Vocal Academy het die hoogste punte in sang bekom.

• Luca-Leigh Niewoudt van Sonneveld Akademie, in Graad Agt, het die hoogste punt in kuns ontvang.

• Kyla Vorster van Hoërskool Die Anker, Graad 10, het ook die hoogste punt in kuns ontvang.

• Deacon Senekal van Hoërskool Hugenote, Graad 11, het die hoogste punt in dans ontvang.

Dit was oor die algemeen ‘n suksesvolle jaar vir die kunswedstryd, en die wedstryd word nou jaarliks aangebied.

Meer inligting oor die kompetisie datums kan bekom word op die Facebook blad met die naam Brakpan Kunswedstryd.





ALSO READ: San Michele inwoners ontvang spesiale besoekers

ALSO READ: Academy promotes water safety skills at learn-to-swim gala

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button