Local newsLocal sportNews

Brakpan Ringbal Klub bied gholfdag aan

Die prysuitdeling en ligte aandete sal om 18:00 ’n aanvang neem.

Die Brakpan Ringbal Klub bied op 31 Oktober ’n gholfdag aan. Die dag sal by die State Mines Country Klub plaasvind en om 11:00 begin.

Die prysuitdeling en ligte aandete sal om 18:00 ‘n aanvang neem.

“Ons nooi besighede, individue en ander sportklubs uit om aan die gholfdag deel te neem.

“Ons sal ook enige borgskap baie hoog op prys stel,” het Corry Labuschagne gesê.

Persone wat belangstel om deel te neem of meer inligting verlang kan Labuschagne by 060 971 9459 of vir Babs Nell by 069 529 9512 kontak.



LEES OOK: Brenthurst sussies blink uit in gimnastiek

LEES OOK: Dalwers is reg vir jaarlikse sewes rugby toernooi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button