Local newsNewsSchools

Plaaslike leerders skitter in Abakus wiskunde kompetisie

Die leerders het goed voorberei en met fokus deelgeneem.

Abakus Wiskunde Oos-Rand het onlangs vir die derde keer aan die Abakus Wiskunde streek kompetisie in Roodepoort deelgeneem.

Deelnemers het pligsgetrou geoefen en hard gewerk om hulle doel te bereik. Verskeie leerders van die dorp se skole het goed gevaar.

Hulle is: Micayla Barrie van Laerskool Dalview (goud), Ivan Barrie van Laerskool Dalview (goud), Charmonique Smith van Laerskool Dalview (silwer), Shanley Joubert van Laerskool Die Arend (silwer) en Jan Homann van Laerskool Die Arend (silwer).

Jan Homann het ook die ‘Attitude is Everything’ trofee ontvang.

Micayla Barrie het ook vroeër vanjaar aan die Annual National Championship: Abacus and Mental Arithmetic in Kaapstad deelgeneem waar sy ‘n silwer medalje ontvang het, asook twee internasionale sertifikate vir Vlak 10 Abakus.



ALSO READ: Far East Rand Hospital gets three solar cameras

ALSO READ: Witpoort Recovery Centre closes, many out of jobs

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button