Local newsNews

Sonneveld Akademie bied hengel kompetisie aan

Die kompetisie is oop vir die publiek met kontantpryse op die spel vir juniors en seniors.

Sonneveld Akademie bied op 26 Oktober ‘n hengel kompetisie by Mihanzi, Vaaldam Oord aan.

Die kompetisie het ‘n R1 500 prys vir 15 jaar en ouer hengelaars per vis, en R500 vir o14 hengelaars. Die pryse is vir die swaarste karp, barber en modderbek.

Die inskrywingsfooi beloop R300 per pen, wat twee hengelaars akkommodeer, asook die oord se toegangsfooi van R80 per persoon en R20 per motor.

Daar sal boereworsrolle te koop wees, sowel as pannekoek, en die oord het oornag geriewe wat direk by die oord bespreek word.

Vir meer inligting, kontak Stephanus Fourie by 083 297 3041, en vir registrasie kontak Suzette Binneman by 061 346 0394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button