Local newsNews

Sonneveld Akademie produksies word beloon met top toekennings

Die toeneelstukke Appie-Opleiding en Terapie is gekroon as itemwenners by die Con Spirito kunswedstryd.

Twee tonele van die Sonneveld Akademie dramaklub, Terapie en Appie-Opleiding is aangewys as nasionale itemwenners by die Con Spirito kunswedstryd

“Hierdie uitsonderlike stukke het die hartsnare van die beoordelaars geraak en bewys dat die leerders se dramatalent onverbeterlik is,” het Margeaux Vorster, een van die afrigters, gesê.

Die skool is trots op die toneelgroepe se prestasie, en die passie wat in elke vertoning gesit is.

“Met hierdie oorwinnings in die sak, sien ons met groot opgewondenheid uit na die volgende uitdaging en verdere suksesse,” het Margeaux vertel.

Margeaux, Lynn-Mari Burger en Hermien van Jaarsveld was die afrigters, regisseurs en skrywers verantwoordelik vir die wentonele.





ALSO READ: Leerders besoek beesplaas vir praktiese eksamen

ALSO READ: Young accident survivor reunites with hospital team

Related Articles

Back to top button