Sport

Brakpan oorrompel Springs op die rugbyveld

Brakpan dring deur na Peregrine semi finale toe.

Brakpan Rugbyklub het Saterdag teen Springs in die Valke Rugby Unie se Peregrine Liga te staan gekom.

Brakpan is tans die voorlopers op die Peregrine punteleer en met ‘n besliste ommeswaai in die klub se spel laat hulle vanjaar menige spanne swaar kry.

Springs Rugbyklub was 2023 se Peregrine liga wenners. Panne het weer gewys wat in hulle steek en het gesorg dat Springs veel meer moes verdedig as wat hulle waarskynlik wou.

Brakpan se eerste span het 46-22 gewen. In die proses het Brakpan sewe drieë gedruk en vyf suksesvolle doelskoppe deur die pale gejaag.

Brakpan se eerste span punte is as volg aangeteken. Drieë: Tjaart Scheepers (3), Brandon Swart (2), Ruben Beytel (1) en Ruan Botha (1).


LEES OOK: Young riders tear up the track


Doelskoppe: Ruben Beytell (4) en Stefan van Zyl (1).

Brakpan se tweede span het Springs se tweedes met 38-15 geklop. Teen halftyd het Springs ‘n noue voorsprong gehad met die telbord op 14 vir Brakpan teenoor Springs se 15 punte.

Brakpan het in die tweede helfte amok gemaak en 24 punte aangeteken teenoor die geen punte van Springs nie.

Brakpan se o21-span het die onderspit gedelf teen Springs se o21’s met ‘n eindtelling van 28-24. Brakpan se eerste span speel op Saterdag hulle semi finaal tuis teen Springs.

Die tweede span speel hulle semi finaal teen NWU op NWU se velde. Die datum moet nog bevestig word.
Die o21-span sal ook in ‘n semi finaal betrokke wees. Die opponente moet ook nog bevestig word.



LEES OOK: Dalwers neem aan SA tweekamp kampioenskappe deel

Related Articles

Back to top button