Local newsNews

VLU-lede geniet leersame vergadering

Die dames het geleer hoe om verskeie kosse in 'n lugbraaier gaar te maak, en heerlik gesmul aan die room aartappels wat voorberei is vir die tentoonstelling.

Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-unie het Dinsdag by die Just Wheels Klubhuis vergader, waar die lede meer geleer het van lugbraaiers en hoe om dit te gebruik.

Karin Small het gedemonstreer hoe om room aartappels te maak en ook vertel hoe sy verskillende kosse in die toestel gaar maak.

Die VLU-lede het ook ‘n reeks geleenthede om die draai, wat ‘n ‘kuier en klets’ oggend insluit waartydens die lede hulle eie bekers kan verf, papiermandjies kan vleg of gemmerkoekie huisies kan versier. Dit sal op 27 September in Nigel plaasvind.

Op 29 November is die streek afsluiting vir die Goudrifstreek, waartydens die Brakpan-tak die kos, motiewe en klere van Duitsland ten toon gaan stel.

Die lede gaan ook in Oktober koekies bak vir die Just Wheels liefdadigheidsprojek wat op die bejaardes van die dorp gemik is.



LEES OOK: Behoeftige kinders sal baat vind by dié twee projekte

LEES OOK: Bybelgenootskap skenk skool Bybel aan Môrewag

Related Articles

Back to top button