Local newsNews

Bybelgenootskap skenk skool Bybel aan Môrewag

Die skool, wat later die maand ook die Stap vir Bybels gaan aanbied, het 'n amptelike skool Bybel ontvang.

Die Bybelgenootskap het Maandag by Laerskool Môrewag aangedoen om ‘n spesiale Bybel aan die skool te oorhandig.

Die oorhandiging is deel van die aanloop tot die Bybel Stap wat op 24 Augustus by die skool gaan plaasvind vanaf 08:30 tot 14:00.

Die stap, sowel as die oorhandiging van die Bybel vorm deel van die genootskap se poging om die gebruik van die Bybel in die publieke sektor en alledaagse lewe aan te moedig.

Môrewag se skool Bybel is oorhandig aan die skoolhoof, Elna Venter tydens Maandag se saal opening en sal voortaan gebruik word tydens alle amptelike funksies by die skool om as simbool van die teenwoordigheid van God te dien.

Die oorhandiging is gedoen deur dr Gerhard Lindeque, die streekshoof vir die Bybelgenootskap. Vir hom is die oorhandiging van die Bybel net die uitvoering van Jesus se opdrag om die woord van God te verkondig.


Dr Gerhard Lindeque spreek die leerders toe tydens saalopening. Foto’s verskaf deur Hennie Dekker.

“Die belangrikheid van geleenthede soos die lê daarin dat die Bybel ‘n simbool is van God se teenwoordigheid,” het dr Lindeque gesê.

“Dit beteken natuurlik nie dat die Bybel daar moet wees vir God om daar te wees nie, maar dit is simboliek van die mens se getrouheid aan God,” het hy vertel.

“Ons wil met projekte soos hierdie die boodskap oordra dat die Bybel nie net ‘n item is om Sondae in die kerk oop te maak nie, maar dat dit deel van ons alledaagse lewe moet wees, ‘n lig op die lewenspad.”

Die genootskap hoop om die sade van hoop te saai deur hul projekte, en het al die Bybel in al 11 van Suid Afrika se amptelike geskrewe tale vertaal.

“Ons wil ook hê dat die verspreiding van die woord vrugte dra waar ook al dit gaan. ‘n Appel voer een mens een keer, maar die sade in daardie appel maak ‘n klompie bome wat vir ie res van hul lewe duisende mense sal voer.

“Ons wil hê ons werk moet dieselfde effek hê. Ons hoop vir ‘n Bybel in elke hand en God se woord in elke hart,” het hy gesê.



ALSO READ: Pretorius rises through the ranks

ALSO READ: Kunstenaar skenk skildery vir Stap vir Bybels aflos

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button