Local newsNews

Dalwers wen by wetenskap skou

Drie leerders het elk eerste plekke behaal in hul onderskeie kategorieë.

Drie Graad Ses leerders van die Laerskool Dalview het onlangs deelgeneem aan die streek wetenskap skou vir natuurwetenskap en tegnologie.

Al drie hierdie leerders het ‘n eerste plek behaal met hulle onderskeie temas.

Carli du Toit het ‘n eerste plek in ‘life sciences: food and health’ ontvang. Haar uitstalling se tema was ‘rethink your drink’, wat gehandel het oor die suikervlakke in gewilde koeldranke en die effek daarvan op tande.

Tahlia Kloppers het haar eerste plek ingepalm met ‘matters and materials’. Haar uitstalling het gehandel oor onder andere die wetenskap agter ‘lava lamps’.

Juandré Woest het ‘n eerste plek vir ‘earth sciences (planet earth and beyond)’ ontvang met sy uitstalling oor die sonnestelsel.



LEES OOK: Hijackers take R1.1m BMW and its owner

LEES OOK: Keeping a cool head in an armed robbery can save lives

Related Articles

Back to top button