Local newsNewsSport

Panne versterk hul liga posisie

Brakpan Rugbyklub gee die pas aan in die Peregrine Liga.

Brakpan en Vereeniging Rugbyklubs het op 13 Julie die twee ronde van die Valke se Peregrine Liga afgeskop met witwarm wedstryde in Vereeniging.

Die twee spanne is onderskeidelik eerste en tweede op die Peregrine punteleer.

Brakpan het gehoop om as oorwinnaars in al drie hulle wedstryde weg te kom maar moes tevrede wees om twee van hul wedstryde te wen.

Brakpan se eerstes het met 41-33 gewen.

Die twee spanne was soos resiesperde in ‘n stal wat net wou losbreek en speel, met Vereeniging wat die meeste van hulle kanse in die eerste helfte gebruik het en teen halftyd voor was met ‘n telling van 21-15.


William Scheepers druk sy drie.

In die tweede helfte het Brakpan met meer ritme gespeel en Vereeniging onder druk geplaas wat toegelaat het dat hulle meer foute gemaak het en Brakpan die oorhand begin kry het.

Brakpan se punte was aangeteken deur drieë: Brandon Swart (2); Ruben Beytell (1); Louis de Bruyn (1); William Scheepers (1) en Tjaart Scheepers (1), doelskoppe: Ruben Beytell (4) en strafdoel: Ruben Beytell (1).

Ruben Beytell het altesaam 16 punte in die wedstryd aangeteken en is tans die voorste puntemaker in die Peregrine Liga.


LEES OOK: VLU en Helpende Hand span saam om serpe te maak


Brandon Swart is tans die speler wat die meeste drieë gedruk het in die seisoen met sewe agter sy naam. Kort op sy hakke is Beytell met ses drieë.

Brakpan se tweede span het hard probeer maar Vereeniging was net te sterk vir hulle. Vereeniging het die wedstryd 18-16 gewen.

Panne se tweedes was teen halftyd 10-3 agter en het hard probeer om die agterstand uit te wis.

Brakpan se o21 span het 39-22 gewen met hulle halftyd telling 32-10.

In die tweede helfte het Vereeniging hard probeer om terug in die wedstryd te kom maar die Panne het hulle uitgehou en verseker dat hulle die wen agter hulle naam kan skryf.


Brandon Swart word grond toe gebring.

“Ons neem dit een wedstryd op ‘n slag en werk aan ons sterkpunte om die beste uit ons spelers te kry,” het Sarel Korff, Brakpan Rugbyklub visie voorsitter gesê.

Elke speler het hul eie sterkpunte wat ons wil ontgin om die span net sterker te maak,” het Korff bygevoeg.

Brakpan se volgende wedstryd is op 20 Julie teen Boksburg op Brakpan se velde.

Dit is Brakpan se laaste liga tuiswedstryd en die bestuur het gevra dat ondersteuners die spelers sal ondersteun en hul aanskoulike rugby gaan geniet.


Related Articles

Back to top button