Local newsNews

Ankers floreer op die verhoog

Hoërskool Die Anker se Toneelspan van 2024 is baie opgewonde om hierdie jaar weer aan die FAK Allegretto Toneelfees, wat gedurende Julie plaasvind, deel te neem.

Hoërskool Die Anker se Toneelspan van 2024 is baie opgewonde om hierdie jaar weer aan die FAK Allegretto Toneelfees, wat gedurende Julie plaasvind, deel te neem.

Die span, bestaande uit 15 leerders, word afgerig deur Manie le Corrè, wat ook al drie die toneelstukke, wat deur die groep opgevoer gaan word, geskryf het.

Die toneelstukke is:
‘n Kaapse Troue, ’n komedie wat handel oor ‘n arm Kaapse familie wat deel word van ‘n ryk Kaapse familie. Op die troudag vind die bruidegom geheime uit wat ‘n oproer veroorsaak. Chantè Momberg en Jano Havenga vertolk die hoofrolle.

Hartbreek is ’n ‘musical’ waarin Natasha, ‘n teruggetrokke tienermeisie liefde deur wiskunde vind. Die hoofrolle in die stuk word deur Tiffany Brink en Ethan Roux vertolk.

Malhuis is ‘n drama wat handel oor Dina, ‘n tienermeisie wat met innerlike konflik sukkel van gebeure in haar jonger kinderlewe. Abigail Botha vertolk die hoofrol.

Hoërskool Die Anker se toneelspan nooi graag plaaslike laerskole asook lede van die publiek uit om hierdie produksies op die verhoog te sien op die volgende datums:

Op 16 Julie by die Allegretto Toneelfees by die Hoërskool Hugenote word ‘n Kaapse Troue en Hartbreek opgevoer.

Op 22 Julie by die FAK Allegretto Toneelfees ook, by die Hoërskool Hugenote, is Malhuis op die planke.
Kaartjies kan aanlyn by Quicket gekoop word.

Gedurende Augustus gaan die groep ook aan die ATKV Tienertoneel Kompetisie deelneem, wat in Pretoria, by die UNISA Little Theatre plaasvind.

Hier sal hulle op 8 Augustus ‘n Kaapse Troue en Hartbreek opvoer terwyl Malhuis op 16 Augustus sal meeding aan die Gauteng Streekfees.

Die toneelgroep bestaan uit Abigail Botha, Adelaide du Preeze, Caileen Fella, Caroline du Preeze, Chantè Momberg, Chloë Engelbrecht, Damien Ackermann, Dominique Duvenage, Eleanor Maredi, Ethan Roux, Jano Havenga, Johanne van Wyngaardt, Kayleigh Brewer, Tiffany Brink en Xavier Momberg.


Related Articles

Back to top button