Local newsNews

Skoonmaak groep neem Goodsweg onder hande

Die groep wat hulself daarvoor beywer om die dorp skoon te kry, het verlede week die enorme taak aangepak om Goodsweg beter daarna te laat uitsien. Die straat wat aan die agterkant van die spoorwegstasie grens is al vir jare ‘n seeroog. Die oop stuk grond tussen Goodsweg en die spoorwegstasie is bestrooi met rommel

Die groep wat hulself daarvoor beywer om die dorp skoon te kry, het verlede week die enorme taak aangepak om Goodsweg beter daarna te laat uitsien. Die straat wat aan die agterkant van die spoorwegstasie grens is al vir jare ‘n seeroog.

Die oop stuk grond tussen Goodsweg en die spoorwegstasie is bestrooi met rommel en stinkende water vloei in ‘n sloot wat omring is deur ruie bosse en onkruid.

Dit is alom bekend dat hawelose mense in die gebied woon en dat kriminele aktiwiteite daar plaasvind.

Die Herald het verlede jaar berig oor die moord van Hendrik van Dyk. (Man se lyk ontdek nadat vrou sy pantoffel raaksien).


Die sypaadjie waar mense en skoolgaande kinders daagliks loop is nou skoon nadat dit onder hande geneem is.

Van Dyk is vermoor en sy liggaam is in ’n sloot aangrensend aan Goodsweg gevind. Die gebied was so ruig dat Van Dyk se liggaam eers opgespoor is toe ’n hommeltuig ingespan is.

’n Woordvoerder van die Clean Brakpan Gemeenskap Projek het gesê ’n span van sowat 10 mense het ‘n week lank gewerk om die gebied op te knap.

Rdl Riaan van Zyl wat onder die groep vrywilligers was, het dit as ‘n enorme taak beskryf.

“Daar was ongelooflik baie rommel om te verwyder en die plek was oorgroei en beslis ’n seeroog,” het Van Zyl, wat ook ’n stigterslid van die groep is, gesê.


Die Clean Brakpan Gemeenskap Projek het die afgelope tyd ’n groot verskil in die dorp gemaak.

“Ons het ’n hoër- en ’n laerskool in die omgewing en daar is tog kinders wat in die straat loop,” het van Zyl bygevoeg.

“Dit was nodig dat ons dit beveilig vir ons kinders maar ook om die dorp beter daarna te laat uitsien,” het Van Zyl gesê.

Dié projek is een van vele wat die afgelope tyd met sukses deur die Clean Brakpan Gemeenskap Projek aangepak is.

Tog is daar kommer oor die gebrek aan belangstelling vir dié skoonmaakaksies.


LEES OOK: Inwoners se R50 elk help om park skoon te kry


“Dit is altyd net dieselfde handjievol mense wat opdaag om te help,” het ’n woordvoerder vand die projek gesê.

“Ons sukkel ook om genoegsame fondse te bekom. Die toerusting wat ons het, gebruik diesel of brandstof en daar is ook ander uitgawes wat gedek moet word.

“Ons moedig besighede en individue of groepe aan om gebiede in die dorp te identifiseer en aan te neem om sodoende die instandhouding op ’n gereëlde basis te doen en te volhou daarmee.

“’n Klein groepie mense kan nie die hele dorp skoonmaak en skoon hou nie,” het die woordvoerder gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button