Local newsNews

Jong model reik uit na ander

Lianie van Wyk het reeds ‘n rits titels agter haar naam en het die afgelope naweek nog drie titels by haar lysie gevoeg.

‘n 13-Jarige inwoner van Brenthurst is besig om vir haar ‘n pad in die modelwêreld oop te kerf.

Lianie van Wyk het reeds ‘n rits titels agter haar naam en het die afgelope naweek nog drie titels by haar lysie gevoeg.

Sy het deelgeneem aan die Face of Starlight 2024-kompetisie, waar sy in drie kategorieë die beoordelaars se oog gevang het.

Sy was die algehele debutante wenner, eerste prinses en die beste geklee.

Liefdadigheidsprojekte lê haar na aan die hart en sy poog om deur haar modelskool, uit te ryk, na veral minder bevoorregte persone in die gemeenskap.

“Elke titel wat ek wen dien vir my as aansporing om meer mense te probeer help,” het Lianie vertel.

“Elke bietjie wat ‘n mens gee, kan moontlik die lewe van ‘n ander persoon veel ligter maak.”

Die leerder van Hoërskool Die Anker het ook haar sakgeld vir twee maande ingespan om kos te koop vir die debutante-afdeling waaraan sy deelgeneem het.

Related Articles

Back to top button