Local newsNews

Jong atlete in aksie op die baan

Dierekos vir die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) word ook op die dag ingesamel.

Daar word reeds hard agter die skerms gewerk om alles slaggereed te kry vir die Brakpan inter-kleuterskole byeenkoms wat op 24 Februarie plaasvind.

Die deelnemende kleuterskole is Laaities en Ladies, Brakanjan, Trippe Trappe Trone, Flip-Flap, Rafiki Pre-Premêr asook Devon Hulpsentrum.

Die byeenkoms word op die sportterrein van die Hoërskool Stoffberg aangebied en sal om 8:00 begin.

Dit het in die verlede vir ‘n groot skouspel gesorg en geen moeite word ontsien om te sorg dat deelnemers en besoekers ’n genotvolle dag beleef nie.

Die publiek kry ook die geleentheid om op die dag voedsel vir die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) te skenk.

“Ons nooi die publiek uit om die byeenkoms saam met ons en die kinders te geniet,” het ‘n woordvoerder gesê.

“Ons wil soveel kos as moontlik vir die DBV insamel en vra mooi dat almal skenking sal saambring.”

Lees ook: Sonneveld leerder derde geplaas in Wikipedia skole kompetisie

Related Articles

Back to top button