Local newsNews

Gesellige kuiergroep bring bejaardes byeen

Die groep vir pensionarisse kom elke Donderdagoggend bymekaar.

Die Golden Oldies groep, wat elke Donderdag by die Adullam Bikers Kerk bymekaarkom, het die jaar afgeskop met hul eerste projek.

Die groep pensionarisse kom elke Donderdag om 08:30 bymekaar om te gesels, handvlyt te beoefen, en ‘n koppie koffie of tee te geniet.

Gratis bloeddruklesings word ook geneem. Die groep het in November 2023 ontstaan, met die toestemming van pastoor Bret Mc Dermid.

Die idee is om pensionarisse en bejaarde persone uit die huis uit te kry, waar hulle iets met hul hande kan doen en gesellig saam kan kuier.

“Baie van hulle sê hul kinders laai hulle by ‘n ouetehuis af en vergeet van hulle,” vertel Ursula Edwards, die stigter van die groep.

Ander bly nog in hul eie huise, maar is dikwels eensaam en alleen. Verlede week het van die groep klei blommetjies, vlinders en ander versierings met sagte klei gemaak, wat soos spons droog word.

Dit het oor die week uitgedroog, en tydens vandeesweek se samekoms het hulle begin om hulle grafies, geskenk deur Theresa Oosthuizen, voor te berei om te versier.

Die grafies se ergste roes is afgeskuur, en hulle het vernis aangewend om dit te seël sodat verdere roes voorkom kan word.

Met die volgende byeenkoms sal die groep die grafies versier met die klei versiersels, découpage en verf.


Minni Stoltz skuur die roes van haar grafie af voodat sy dit versier.

Die groep hoop om die handvlyt wat hulle maak te verkoop by kermisse en markte, en dan sodoende die geld weer in die klub terug te ploeg.

Die vergaderings is gratis.

Kunsvlyt is nie die enigste projek waarop daar gefokus sal word nie. Ander aktiwiteite soos bingo, manikure en pedikure, en gesellige saamkuier oggende word ook beplan.

Die vergaderings is by Adullam Biker Ecclesia, by Gardinerstraat 134 en belangstellendes kan Ursula by 082 491 6217 skakel.

“Ons sal ook enige skenkings waardeer, wat ons tot voordeel van die bejaardes, wat ons byeenkomste bywoon, kan aanwend,” het Ursula gesê.


Hanneke Lannetti neem Lyn Erasmus se bloeddruk, iets wat hulle weekliks doen en gratis is.

Lyn Erasmus was hard besig om kreatief te wees met haar grafie.

ALSO READ: Brakpan Cemetery continues to be neglected

ALSO READ: Book for free performing arts masterclass

Related Articles

Back to top button