Local newsNews

Muriel Brand ontvang 80 paar skoene

Netcare Springs in samewerking met Adcock Ingram het die skenking gemaak.

Muriel Brand Skool het onlangs 80 pare skoene van Netcare Medicross Springs ontvang. Die skoene is deur MYWALK gemaak uit veilige herwonne hospitaal plastiek afval.

Netcare het betaal vir die herwinning van die skoene, en die groottes van die minderbevoorregte kinders, wat die skoene sou ontvang, by die skool gekry.

Die skoene is daarna gemaak tot hierdie mates. Carmen Schmulian, die praktykbestuurder, het saam met twee van haar medewerkers die skoene aan die skool oorhandig.

“Al die dokters, tandartse en personeel se goedhartigheid het dit moontlik gemaak en sonder hulle sou ek dit nie kon doen nie,” het Schmulian gesê.


LEES OOK: Sonneveld Akademie spog met top vyf van elke graad


Ntsiki Khoza, ‘n skoonmaker by die praktyk, en Inge Kruger, ‘n alumnus van Muriel Brand en ontvangsdame, het haar vergesel.

Die praktyk het ook aan ses ander skole in Springs asook een in Nigel skoene geskenk, maar die skenking van 80 pare aan Muriel Brand was die grootste.

Die MYWALK veldtog is ‘n landswye program deur Netcare en Adcock Ingram om hul plastiek afval te verminder en om minderbevoorregte kinders te help met veilige, hoë gehalte skoene.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button