Local newsNewsSport

Anker Atletiek Klub berei voor vir SA’s

Nege van die klub se atlete het gekwalifiseer vir die SACSSA landfinaal.

Die Anker Atletiek Klub wat oop is vir atlete tussen die ouderdomme van ses en 19 jaar, het op 9 September aan die South African Christian Schools Association (SACSSA) uitnodigings-byeenkoms deelgeneem.

Nege van die klub se atlete het ook gekwalifiseer om deel te neem aan die nasionale byeenkoms in Pietermaritzburg op 28 en 29 September in die Msinduzi Stadion.

Afrigter Warren Burger is baie trots op sy atlete, waartydens ses van hulle medaljes verwerf het by die 9 September byeenkoms:

• Ethan Burger (o19) wen vier goue medaljes in 100m, 200m, hoogspring en verspring.

• Kaiden Herbst (o13) wen twee brons medaljes in die 100m en 200m items.

• Connor Wilson (o19) wen twee silwer medaljes in 200m en 400m.

• Joané Greyling (o13) wen een goue medalje in hoogspring.

• Kyla Vorster (o15) wen ‘n brons medalje in verspring.

• Nadene van der Westhuizen (o12) wen ‘n silwer medalje in verspring.

“Die atletiekseisoen is hier, en almal is welkom om by die Anker Atletiek Klub aan te sluit,” het Burger, wat ‘n ASA vlak een afrigter is, gesê.

Burger kan vir meer inligting by 072 638 7810 gekontak word.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button