Local newsNews

Opvolg: Vermiste ma is veilig tuis

Volgens Rosie Aslett was haar dogter in 'n getraumatiseerde toestand.

Rosie Aslett, die ma van die 27-jarige Bernadine wat sedert 13 Augustus vermis was, het bevestig haar dogter is veilig terug by haar ouerhuis in Brakpan-sentraal.

Die Herald het gister berig oor haar verdwyning nadat sy vriende in Pretoria gaan besoek het.

Haar verdwyning is by die Brakpan SAPD aangemeld maar ‘n ondersoek is intussen ook deur Specialised Security Services (die maatskappy van Mike Bolhuis) van stapel gestuur.

Rosie het vanoggend (Donderdag) vroeg aan die Herald bevestig dat haar dogter gisteraand gevind is, en dat sy erg getraumatiseerd is.

“My kind is veilig terug. Ons kan egter op hierdie stadium geen verdere inligting verskaf nie aangesien daar steeds ‘n ondersoek aan die gang is,” het Rosie gesê.



LEES OOK: Soektog nadat ma van twee kinders verdwyn

LEES OOK: Kayla trek haar rooi rok aan vir die musiekbedryf

Related Articles

Back to top button