Local newsNews

Morries tweeling hardloop top plekke los

Dié twee het eerste en tweede plek behaal in die o15 vroue kategorie.

Die tweeling Roxanne en Rozanne Goosen, wat Graad Sewe leerders aan die Laerskool Môrewag is, het Saterdag top plekke by die Red Star Marathon behaal.

In hul geslagsgroep het Roxanne ‘n eerste en Rozanne ‘n tweede plek behaal, sowel as in die o15 vroue kategorie.
Algeheel in die o15 kategorie het Roxanne tweede en Rozanne derde geeïndig.

Dié Graad Sewe leerders het albei aan die 4.2km wedloop deelgeneem.

Die kragmeting het by die Red Star Raceway in Delmas plaasgevind, en daar was 4.2km, 10km, 21.1km en 42.2km marathon om aan deel te neem.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button