Local newsNews

Veerpyltjie spelers word uitgenooi

Op Dinsdagaande word spelers van 45 jaar en ouer geakkommodeer

Veerpyltjies is ’n sport wat deur mans sowel as vroue en selfs jonger kinders beoefen kan word en belangstellendes kan dié sportsoort weekliks by die Kingsway Klub beoefen.

Persone wat wil leer om veerpyltjies te speel of mense wat reeds goed kan speel is baie welkom.

Op Dinsdagaande word spelers van 45 jaar en ouer geakkommodeer en op Donderdag aande is almal welkom.

Mense wat wil aansluit of meer inligting verlang kan vir Danie Binneman by 082 469 5996 skakel.

Die klub is te Kingswaylaan 108a geleë.



LEES OOK: A century of memories

LEES OOK: Should you renovate before you sell?

Related Articles

Back to top button