Local newsNews

Piet Tande leer kinders van mondhigiëne

Solidariteit Helpende hand se tande-muis karakter bring hope vreugde en kennis.

Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak het Woensdag besoek gebring aan die Laerskool Brakpan-Oos en die Junior College Kleuterskool.

‘n Spesiale besoeker, Piet Tande, ‘n muis-karakter wat kinders wys hoe om tande te borsel, het die groep vergesel.

Die projek behels dat kinders leer van mondhigiëne.

Die kinders ontvang ‘n magnetiese plakkaat met son en maan magnete wat hulle dan op die plakkaat sit op die regte dag om te wys hulle het hul tande geborsel.


Mariolette Vorster en Piet Tand verduidelik vir die kinders van Brakpan-Oos hoe om tande te borsel.

Saam met die plakkaat ontvang hulle ‘n boekie met inkleurbladsye en bladsye wat hulle leer hoe om tande te borsel en te vlos.

Beide die plakkaat en boekie word by Helpende Hand vir R50 bestel.

Van die minderbevoorregte kinders by die kleuterskool het ook elk ‘n tandeborsel en tandepaste ontvang, waarvan ‘n groot gedeelte deur Arrie Nel Apteek (Hanrimed), en Helpende Hand se Ons Winkel geskenk is.

Die kinders het ook die Piet Tande dans geleer, en ‘n inkleur-kompetisie bladsy ontvang sodat twee kinders in elke klas ‘n prys met hul inkleurvermoë kan wen.


LEES OOK: Soul Outreach brings smiles to children

LEES OOK: Brakpan vir Brakpan deel skoolklere uit




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button