Local newsNews

Kabeldiefstal veroorsaak groot kopseer

Dit raak egter al hoe gevaarliker vir elektrisiëns om in die nag na substasies te gaan.

Die VF Plus, in samewerking met buurtwag lede, die Brakpan SAPD en ander rolspelers het sedert verlede naweek begin om substasies in die dorp gedurende beurtkrag te beveilig.

Die inisiatief volg op ‘n skietvoorval in Boksburg waar ‘n elektrisiën, Dewaal Smit, onlangs gewond is terwyl hy besig was met herstelwerk aan ‘n substasie.

Dit gebeur dikwels dat die krag na beurtkrag snags uitskakel en ‘n elektrisiën na ‘n substasie moet haas om die krag te herstel.

Dit raak egter al hoe gevaarliker vir elektrisiëns om in die nag na substasies te gaan. Inwoners moet dan tot die volgende dag wag voordat die krag herstel kan word.

‘n Voorbeeld hiervan was die afgelope naweek duidelik toe groot dele van die dorp vir meer as 24 uur sonder krag was, toe daar Vrydagaand tydens beurtkrag gepoog is om kabels te steel.


LEES OOK: SA Guide-Dogs Association hosts Ladies Tea event


Die krag na groot dele van die dorp het nie aangekom na die geskeduleerde beurtkrag van 16:00 tot 18:00 nie.

Herstelwerk het eers Saterdagoggend om 07:00 begin en die kragtoevoer is eers Saterdagaand laat herstel.

Inwoners het hul misnoeë en moedeloosheid op sosiale media uitgespreek en die frustrasie het Maandagaand verder uitgekring toe ‘n gedeelte van Brakpan-sentraal weer in die donker gelaat is.

Die Herald het vrae aan die Stad van Ekurhuleni gerig rakende die lang kragonderbreking en watter moontlike voorsorg maatreëls getref kan word.

Teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.


LEES OOK: Challenges and successes highlighted at Brakpan SPCA AGM

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button