Local newsNews

Jong aktrise maak buiging in televisieprogram

Die jong sterretjie is opgewonde oor haar verskyning in die program.

Leané Erwee (6) van Minnebron gaan binnekort te sien wees in die gewilde kinder televisieprogram, Lollos en Vriende.

Die jong sterretjie het ‘n aanlyn oudisie vir die program as ‘n danser gedoen en na agt naweke se opleiding en oefening is die episodes, waarin sy te sien sal wees, op 3 Julie verfilm.

Leané verskyn in twee episodes, waar sy twee dansies elk doen, ses lyne in die eerste episode praat en sewe in die tweede.

Om voor te berei moes sy elke naweek vanaf 13 Mei werkswinkels saam met die aktrise, Marijke Coetzer van Getroud met Rugby bywoon. Daar was groot opgewondenheid toe sy op 1 Junie gehoor het sy is deur na die verfilmingsproses.


Leané Erwee met haar sertifikaat nadat sy werkwinkels gedoen het van 13 Mei af.

As Leané met die hele wêreld kon praat sou haar boodskap wees dat dit nie saak maak hoe ‘n persoon van buite lyk nie, maar dat dit wat binne aangaan saakmaak.

Alhoewel sy nog jonk is droom sy daarvan om eendag ‘n aktrise te word, maar as dit nie vir haar beskore is nie sal sy ‘n danser, sangeres of onderwyseres wil word.

“Ek hou van al die beroepe maar ek kan nog nie kies nie.”

Toe Leané deurgedring het na die werkswinkels waar kinders verder uitgedun is vir die verfilming, was die koste daaraan verbonde byna R7 000 maar die vervaardigers van Lollos en Vriende het besluit om haar te borg vir die werkswinkels. Lollos en Vriende word op die DSTV kanaal 167 (VIA) uitgesaai.


LEES OOK: Gymnastics teaches life skills

LEES OOK: Brakpan Netball Club shares the love with Eventide




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button