Local newsNews

Opvolg: Vadoek verkoper ter ruste gelê

Hendrik Vosloo is Maandag begrawe op 'n wyse waarvoor sy ma gehoop het.

Hendrik Vosloo (61) of te wel die Vadoek-oom soos hy alom bekend was in die dorp, is Maandag deur AVBOB, Brakpan, begrawe.

Die Herald het verlede week berig oor Vosloo se dood en die feit dat sy ma, Rina van Rooyen, nie kon bekostig om op ‘n gepaste wyse van hom afskeid te neem nie.

Sy het aan die Herald gesê dat haar wens is om vir haar seun ‘n ordentlike begrafnis te kon hou.

AVBOB het Maandag aan die Herald bevestig dat hulle die kostes vir die begrafnis gedra het en dat Vosloo Maandag in die Brakpan Begraafplaas ter ruste gelê is.


ALSO READ: Community crime-fighter awarded


Sy liggaam is verlede Vrydagmiddag in area naby die hoek van Endstraat en Gardinerlaan gevind nadat hy sedert 2 Januarie vermis was.

Volgens Tina het sy vir Hendrik die laaste keer op 2 Januarie gesien toe hy te voet by vriende gaan kuier het.

Inwoners van die dorp en selfs omliggende dorpe het Hendrik geken as die Vadoek-oom.

Hy het vir jare lank elke dag ‘n hoop vadoeke in die mandjie voor op sy fiets gelaai en die vadoeke vir ‘n inkomste verkoop.

Related Articles

Back to top button