Local newsNews

Veilige hawe vir kinders benodig hulp

Finansiële hulp of donasies van kos, geskenke, toiletware en veral skryfbehoeftes vir volgende jaar baie hoog op prys gestel sal word.

Mother’s Nest is al vir baie jare ’n veilige hawe vir kinders, wat weens verskeie redes nie onder die sorg van hul ouers is nie. Hulle is in Pienaarstraat, Brenthurst, geleë.

Die afgelope paar maande het die getal kinders, wat in die groot wit huis gehuisves word, gestyg na 17. Dit sluit vier seuns en 13 meisies in.

Die algemene bestuurder van Mother’s Nest, Emma Ferreira het verduidelik dat die bestuur alles in hul vermoë doen om ’n sekere mate van normaliteit vir die kinders te bied.

“Dit is egter ’n opdraande stryd aangesien ons baie sterk staatmaak op skenkings en ondersteuning van die publiek en sakeondernemings,” het Ferreira verduidelik.

“Ons het vorige jare ondervind dat die hulp veral met die aanloop tot Desember opdroog en dit is juis wanneer ons daardie bietjie ekstra benodig,” het Ferreira gesê.

“Ons sit gedurende Desember steeds met ons daaglikse en maandelikse uitgawes.

“Net soos ander huishoudings wil ons ook graag ons kinders oor die feestyd bederf maar ons het eenvoudig nie die fondse om dit te doen nie.”

Ferreira het gesê dat enige finansiële hulp of donasies van kos, geskenke, toiletware en veral skryfbehoeftes vir volgende jaar baie hoog op prys gestel sal word.

Persone wat hul weg oop sien om te help kan vir Emma Ferreira by 011 817 2666 of die fondsinsamelaar Bonita Roast by 011 817 2668 skakel.



ALSO READ: Reminder: SAPS stakeholders meeting next week

ALSO READ: Campbell back as Ekurhuleni executive mayor

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button