Local newsNews

Honde by twee huise vergiftig

Al drie troeteldiere was op dieselfde dag vergiftig.

Twee gesinne van Brenthurst se troeteldiere is verlede Dinsdag vergiftig.

Yolanda Mostert (53) en Lesley McLean (61) woon beide al jare in die woonbuurt en beweer dat dit die eerste keer is wat hul honde vergiftig is.

Die Mostert-gesin het vroeg Dinsdagoggend hul pitbull-kruising, Patch, op die gras gekry.

“Hy het net daar gelê en nie beweeg nie,” het Yolanda gesê.

Patch was dadelik na die SPCA geneem, waar hy dood verklaar is.

“Hy het ons altyd beskerm en gevolg oral waar ons gaan. Hy was altyd daar,” het Mostert gesê.

Die McLean-gesin se Staffy, Girly, was sedert 2018 deel van hul gesin. Harry, hul poodle-kruising, was nege jaar oud en word ook al vir jare as deel van hul gesin geag.

Beide honde was reeds dood toe dié gesin op hulle afgekom het. Harry het op die gras gelê en Girly is in een van die blombeddings gevind.

“Dit is traumaties om jou diere so te sien, want die manier waarop hulle doodgemaak is, is absoluut aaklig,” het McLean gesê.

Girly en Harry word beskryf as getrou en liefdevol.

“Al wat hulle wou hê is drukkies en liefde. Ons mis hulle vreeslik.”

Woede, skok en hartseer is emosies wat die gesinne tydens die voorval ervaar het. Daar is in al drie honde se braaksel stukkies wors met gif gevind.

“Two-step (Aldicarb) moet verban word. Dit moet verskriklik wees om op so wrede manier dood te gaan,” het McLean bygevoeg.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button