Local newsNews

Verval gaan lank neem om te herstel

Die probleem van verval kom al vir jare en dit gaan jare vat om dit reg te kry.

Riekie de Beer, Brakpan-sentraal skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 11 Maart (CBD gets clean sweep).

Dankie vir al die mense wat opgedaag het om ander mense se gemors skoon te maak. Dit is ‘n skande dat ons dorp lyk soos wat dit lyk.

Maar as mense nie self gaan inspring om ‘n verandering te maak nie gaan dit net al hoe slegter gaan.

Dit is net jammer dat die mense wat ingelig en gewaarsku is nie regtig geluister het nie want die vuilgoed lê maar weer oral rond.

Die probleem van verval kom al vir jare en dit gaan jare vat om dit reg te kry. Maar nietemin dankie vir die mense wat nog omgee.



LEES OOK: 

Brakpan VLU-lede beïndruk by konferensie

LEES OOK: 

Could your baby’s birth method impact their gut health?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button