Local newsNews

Pad gaan nie hou nie

Adriaan van der Merwe skryf per e-pos: Met verwysing na die berig op die voorblad van 11 Februarie (Dumping site clean at last).

Adriaan van der Merwe skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van 11 Februarie (Dumping site clean at last).

Ek is dankbaar dat Weltevreden nou weer vir die publiek oop is want ek het ‘n tuindiens besigheid en dit was nie maklik om die hele tyd na ander plekke toe te ry nie.

Meeste van my kliënte is in die dorp self so dit is vir my die beste plek om heen te gaan. Dit lyk ook baie beter daar as ‘n ruk gelede.

Wat nog steeds die probleem is, is die pad wat ons deur Plastic City moet ry om daar uit te kom.

Daardie pad word by die dag slegter en dit gaan nie meer vir altyd die groot hoeveelheid verkeer kan vat soos dit op die oomblik is nie.

Ek het nie ‘n probleem omdat ek langs die plakkerskamp moet verby ry nie, ek het ‘n probleem met die pad wat nie gaan hou nie.

Ek kan maar net hoop dat daar ‘n plan vir die toekoms is om weer ‘n pad te hê tussen Brakpan en Benoni. Dankie aan almal wat probeer om ‘n verskil te maak en ‘n poging aan te wend om die dorp skoon te kry.



LEES OOK:

Adopt a pet

LEES OOK: 

Valuation roll: options if you want to appeal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button