Local newsNews

In die kollig

Leer die dorp se mense ken.

Hennie Cronjé (22) is een van die jongste lede van die Brakpan GPF. Hy woon in Brakpan-sentraal saam met sy ouers, Belinda en Hennie.

Wanneer het jy deel geword van die Brakpan GPF?
In 2018.

Wat behels jou pligte as lid van die CPF?
Om baie self-respek en respek vir ander mense te toon. Jy moet kan uitgaan na enige tonele toe. GPF is nie ’n werk nie, dit is een wonderlike passie om uit te leef. Dit behels ook dat ek mense moet kan help in enige situasie.

Wat geniet jy om in jou vrye tyd te doen?
Ek gaan speel gereeld saam my vriende boulbal. Ek hou daarvan om in my vrye tyd mense te help waar ek kan. So wanneer daar nood is, sal ek graag wil help.

Waar hou jy graag vakansie?
Ek gaan hou gewoonlik vakansie in Oudtshoorn en Mosselbaai.

Wat is jou oorspronklike beroep?
Ek werk by ’n sekuriteitsmaatskappy, maar ek wil graag deel word van die SAPD. Dit is ’n droom wat ek graag wil bereik.

Wat het jou laat besluit om by die GPF aan te sluit?
Ek het besluit dat ek ’n uitsondering van jongmense wil wees en my gemeenskap wil dien van ’n vroeë ouderdom af. Ek wil graag van my kant af probeer om ’n beter gemeenskap vir my en ander te skep.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?
In die polisiediens.

Hoe hanteer jy ’n moeilike dag?
Ek luister musiek en ry rond sodat ek nie altyd aan die moeilike tye dink nie. My vriende laat moeilike dae ook sommer maklik verby gaan.

Kyk jy rugby en wie is jou gunsteling span?
Ek het baie lank terug rugby gekyk. Dis nie regtig ’n belangstelling wat ek het nie.

Wat sou jy sê is die oplossing vir die misdaadprobleem in Suid-Afrika?
Dat almal van alle rasse en kleur moet saam staan en veg vir wat ons wil hê. So kan ons ’n beter land bou vir almal, want dit is moontlik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button