Local newsNews

In die Kollig

Leer Brakpan se mense ken.

Roeandré Viljoen (11), ’n lid van die Stations Hengelklub in Vereeniging, het onlangs die SA hengelspan gehaal.

Roeandré bly saam met sy ouers, Bianca (31) en Vernon (29), in Brakpan-Sentraal. Sy kleinboetie, Sion (2), is sy grootste aanhanger.

Jy het die SA hengelspan gehaal vir die kampioenskappe wat volgende naweek plaasvind.

Hoe werk die keuring proses vir die sportsoort?

Ons vang teen ander skole in spanverband. Ons is twee in ’n span. Alles wat gevang word, word in ’n sak gegooi. Die span met die swaarste sak wen en keuring word daarvolgens gemaak.

Hoe oud was jy toe jy begin hengel het? Hoe het jy by die sport betrokke geraak?

Ek was vier jaar oud. My pa is ’n goeie hengelaar so ek vang saam hom vis en het by hom geleer.

Waarna sien jy die meeste uit van SA’s?

Dit is my eerste keer wat ek deur is, so ek is baie opgewonde. Ek sal graag my SA klere wil kry.

Wat is jou grootste uitdaging waneer dit by hengel kom?

Om die regte geure te kan kies vir die spesifieke dam en om reguit en vêr te kan gooi.

Hoe berei jy voor vir so ’n kompetisie? Is dit ’n tegniek wat jy op ’n gereelde basis moet beoefen?

Ons oefen naweke by Bloupandam of in ons erf om elke keer akkuraat en op dieselfde plek te kan gooi.

Hoe maak jy seker dat jy ’n vis sal vang tydens so ’n groot kompetisie? Wat doen jy as jy bloot net nie ’n goeie dag het nie?

As die vis nie byt op ’n sekere geur nie dan probeer jy ’n ander geur en gooi ’n verskillende afstand. Maar opgee sal ek nie. Soms het ek ’n slegte dag waar ek niks gevang kry nie, maar ongelukkig is dit maar hoe dit gaan.

Wat is ’n belangrike eienskap om te hê wanneer jy hengel?

Om geduldig te wees. Jy kan nie elke vyf minute die lyn wil uit trek nie. Mens moet sit en wag.

Watter ander stokperdjies het jy?

Ek gaan jag gereeld. Dis een van my gunsteling goed om te doen.

As jy slegs een maaltyd kon eet vir die res van jou lewe, wat sou dit wees?

Definitief ribbetjies.

Waarsonder sal jy nie kan lewe nie?

My ma.

Related Articles

Back to top button