Local newsNews

Laaste eerbetoon aan Jan en Sonja Roos

’n Troosdiens vind vandag (Vrydag) vir die egpaar plaas.

Lede van die Brakpan SAPD, familie en ander belangstellendes het Woensdagoggend in ’n somber atmosfeer hul laaste eer aan adj-off Jan Roos en sy eggenoot, Sonja Roos, betoon.

Die egpaar is kort na mekaar aan Covid-19-verwante komplikasies oorlede. Die Herald het verlede week berig oor Roos en sy vrou, wat ook voorheen ’n lid van die Brakpan SAPD was.

Hul afsterwe het ’n groot impak op die dorp gehad en honderde boodskappe van medelye is op sosiale media gedeel.

Always smiling Noni will be greatly missed

Nabye familielede van die Roos-egpaar het Woensdag onder ’n gazebo voor die egpaar se huis gesit en stil toegekyk hoe kollegas en vriende vir oulaas hulde aan die twee bring.

Groot geraamde foto’s van beide het op ’n tafel gestaan. Blomme is voor die tafel neergelê deur vriende en kollegas, waarvan sommige dit moeilik gevind het om hul trane te keer.

’n Troosdiens vind vandag (Vrydag) vir die egpaar plaas. As gevolg van Covid-19 regulasies kan slegs uitgenooide gaste die diens waarneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button