Local newsNews

Egpaar vier goue huweliksherdenking

Daardie dag het 350 gaste in Brakpan se stadsaal bymekaar gekom om die vreugdevolle geleentheid te vier.

’n Egpaar van die dorp, Danie (70) en Ansa Grobler (68), vier vandag (Saterdag) hul 50ste huweliksherdenking.
Die twee se liefde blom al sedert hul tienerjare.
Ansa het van ’n plaas in Vlakfontein na Brakpan getrek. By ’n kerk se jeugaand het die plaasnooi Danie se aandag getrek en dis waar hul liefdesverhaal begin het.
Hulle is op 26 Junie 1971 getroud. Daardie dag het 350 gaste in Brakpan se stadsaal bymekaar gekom om die vreugdevolle geleentheid te vier.
Die paartjie is ’n voorbeeld van onvoorwaardelike liefde en vriendskap vir almal wat hulle ken.
Danie en Ansa doen alles saam, en geniet dit om tyd saam met hulle kinders en kleinkinders te spandeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button