Local newsNews

Vars lug en ’n piekniek is ’n wen resep

Internasionale Piekniekdag word elke jaar op 18 Junie gehou.

Die woord ‘piekniek’ kom van die Franse taal en verwys na ’n soort informele buitelugmaal wat na die rewolusie ’n gewilde tydverdryf in Frankryk was.
Internasionale Piekniekdag word elke jaar op 18 Junie gehou.
Dit is ’n dag om mense aan te moedig om buite te gaan en ’n gesonde en ligte maaltyd in die natuur te geniet, saam met ander mense se geselskap.
In die vroeë dae het mense piekniek gehou as ’n ontsnapping uit hul daaglikse lewe.
Die ware oorsprong van Internasionale Piekniekdag bly onbekend, maar dit kan teruggevoer word na die einde van die Franse Rewolusie en die Victoriaanse era.
Hierdie dag word ook gekenmerk deur verskillende liefdadigheidsgeleenthede en skoolpieknieks.
Het jy geweet:
• Volgens die Guinness Book of World Records is die grootste piekniek ter wêreld op 20 Junie 2009 gehou in Lissabon, Portugal, met meer as 20 000 deelnemers.
• Newark, Ohio, is al byna 20 jaar die tuiste van een van die wêreld se nuuskierigste landmerke: die wêreld se grootste piekniekmandjie. Die mandjie is sewe verdiepings hoog en meer as 60m breed en is gebou met die doel om die hoofkantoor van Longaberger Company te wees, wat die mandjie vervaardig het.
• ’n Piekniek troue is besig om vlam te vat in die troubedryf. Piekniek troues is ’n unieke manier om ’n huwelik te vier.
Die gier is gewild omdat daar soveel verskillende vorme is: van die formele diens met sjampanje en kombers-tot-kombers-kos tot die informele, waar gaste hulself bedien vanaf ’n selfgemaakte toebroodjiekroeg en ’n vat vol bier. Omdat hierdie buite-troues nie tradisioneel is nie, gaan dit gepaart met die nuwe gier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button