Local newsNews

In die Kollig

 Ontmoet vir Emmarentia Ferreira.

Emmarentia Ferreira (55) is die algemene bestuurder vir Mother’s Nest, ‘n veilige hawe vir mishandelde kinders van alle ouderdomme. Die kinderhuis is in Brenthurst geleë.

• Hoe lank is jy al die algemene bestuurder van Mother’s Nest?
Ek was aanvanklik eers die huismoeder en is nou al vir ‘n paar maande die algemene bestuurder. Altesaam is ek vir die afgelope twee jaar werksaam by Mother’s Nest.

• Hoeveel inwoners (en tussen watter ouderdomme) huisves die kinderhuis tans?
Op die oomblik het ons 12 kinders, wie se ouderdomme wissel van vyf tot 18 jaar.

• Wat behels jou pos?
Ek behartig die algemene kantoor werk, sien om na die instandhouding van die geboue en is ook verantwoordelik vir voedsel- en voorraadkontrole.

ALSO READ: 

In die kollig: Shawn Raper

• Wat is die mees uitdagende aspek van jou werk?
Om elke kind, wat deur trauma was, te kan bystaan en leiding te kan gee. Elke kind wat ons inneem se omstandighede verskil van die ander.

• Wat maak jou werk vir jou die moeite werd?
Dit is baie bevredigend om te sien hoe ‘n kind opgebou word en hoe hulle vorentoe beweeg na die trauma wat hulle beleef het. Dit is wonderlik om weer te sien dat die kind ‘n kind kan wees sonder volwasse bekommernisse.

• Mother’s Nest is afhanklik van fondsinsameling. Hoe behartig jy dit?
Fondsinsameling is inderdaad iets wat ons noodgedwonge moet doen. Dit verg harde werk, lojaliteit en baie motivering.

• Waaraan het die huis die grootste behoefte?
Fondse vir krag, water en huur is altyd ons grootste bekommernis.

• Watter impak het Covid-19 op die huis gehad?
Baie van ons gereelde borge het onttrek, wat veroorsaak het dat ons inkomste ‘n groot laagtepunt bereik het.

• Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek geniet die buite lewe. Ek hou ook daarvan om te lees en doen graag naaldwerk.

• Wat sal jy doen met ‘n miljoen?
Ek het ‘n passie vir behoeftige bejaardes en minderbevoorregte kinders. Werkloosheid is ook iets wat my na aan die hart lê; dus sal ek van die fondse aan sulke instansies skenk.

• Wat maak jou op die plek kwaad?
Oneerlikheid, en wanneer mense ander afkraak en afgunstig is.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button