Local newsNews

Egpaar se plek in kerk is nou vir altyd leeg

Die Mostert-egpaar het elke Sondag op dieselfde plek in die kerk gesit.

Die egpaar wat voor verlede Donderdag in ‘n motorongeluk was toe hulle onderweg was na ‘n troue in Namibië is Maandagoggend ter ruste gelê.

Ben (65) en Koba (63) Mostert van Hamiltonlaan se vriende en familie het by die PPK Kerk, Lighuis Gemeente in Brenthurst, afskeid geneem.

Hulle was op pad om die troue van Koba se broer, Danie Pieters, by te woon toe die ongeluk in Olifantshoek in die Noord-Kaap plaasgevind het.

ALSO READ: 

Dubbele seëning vir egpaar

Die Mostert-egpaar was bekende inwoners van die dorp wat elke Sondag op dieselfde plek in die kerk gesit het.

Dit was dan ook gepas dat past Bekkie Mans, van die Lighuis Gemeente, dit goed gedink het om Maandag die stoele, waarop die egpaar elke Sondag gesit het, te merk.

“Dit was baie spesiaal vir ons as familie. My ouers het altyd op daardie plek gesit,” het hul dogter Heleen du Preez (45) gesê.

“Die begrafnisdiens het in ‘n mate afsluiting gebring maar ons sal ons ouers nooit vergeet nie,” het sy bygevoeg.

‘n Groot wit en rooi blomme kruis is op elk van die kiste geplaas.

Heleen het ‘n T-hemp gedra met ‘n foto van haar ouers en die woorde “Their wings were ready but my heart was not”.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button