Local newsNews

In die Kollig

Die toekenning word gemaak aan studente gebaseer op hul akademiese prestasie. Haar ouers is Leon (49) en Dawn Potgieter (51).

Brakpan-Noord inwoner Charlene Potgieter (22) het onlangs ’n Goue Sleutel-toekenning vir haar derde-jaar studies ontvang.

Die toekenning word gemaak aan studente gebaseer op hul akademiese prestasie. Haar ouers is Leon (49) en Dawn Potgieter (51).

Wat beteken dit vir jou om die Goue Sleutel (Golden Key)-toekenning te kon ontvang?

Sedert ek te hore gekom het van die Goue Sleutel Vereniging het ek geweet dit is ’n nuwe doelwit om vir myself te stel en in my derde jaar van my studies het ek dit bereik. Dit was en is die trotsste oomblik van my studies.

ALSO READ:

 In die Kollig

Wat studeer jy en waar?

Ek ek het nog twee jaar van my graad oor, so indien alles goed gaan sal ek my studies teen die einde van 2022 voltooi. Ek was die eerste drie jaar in Potchefstroom by NWU Pukke waar ek my BCom-graad voltooi het. Ek maak my laaste twee jaar van my regte graad klaar deur Unisa omdat ek voltyds begin werk het by ’n firma aan die einde van 2020. Ek studeer BCom Regte.

Wat het jou laat besluit om die rigting te volg?

Ek kon nie besluit tussen ’n regsgraad of ’n besigheids graad nie en dit is waarom BCom Regte die perfekte keuse vir my was. In vyf jaar het jy albei grade agter jou naam. Ekonomie en regte rus jou toe met basiese kennis en vaardighede van in ’n verskeidenheid velde binne die sake- en regsomgewing. Ek wil nie elke dag in ’n kantoor sit en dieselfde ding oor en oor doen nie. Die regsisteem verander konstant en jy hou nooit op leer nie. Elke saak verskil van mekaar en mens weet nooit hoe jou dag môre gaan lyk nie.

Hoe het jy dit reg gekry om jou punte op so ’n hoë gemiddeld te handhaaf? Het jy ’n studierooster gevolg?

Ek het nie ’n studierooster opgestel nie. Met my toetse en take het ek dit net een vak op ’n slag gevat en elke dag tyd aan dit spandeer. Ek probeer altyd om ’n maand voor die eksamen op te som sodat die meeste van die werk klaar is teen die tyd wat ons moet begin leer.

Wat geniet jy die meeste van jou studies?

Die regsisteem is vreeslik interessant en mens leer elke dag iets nuut. Dit is amper nooit dieselfde werk nie en daar is soveel verskillende rigtings om van te kies.

Watter ander stokperdjies het jy?

CrossFit is my grootste stokperdjie, ek is mal oor oefening. Ek geniet ook die natuur. Ek en ’n groep vriende sal gereeld gaan stap in natuurreservate of ek sal saam familie en vriende gaan jag, visvang en kamp.

Hoe lyk ’n dag in jou skoene?

Ek staan elke oggend om 4vm op om 5vm by CrossFit te wees. Na my oefensessie maak ek klaar vir werk, van 8vm tot 4.30vm. Daarna is dit weer CrossFit toe vir my tweede oefensessie vir die dag. As ek by die huis kom werk ek aan my studies en berei voor vir die volgende toets. Ek maak op ’n Sondag my week se etes sodat dit nie nodig is om kos te maak in die week nie.

ALSO READ: 

Mak voël, wat soos kind in die huis was, vlieg weg

Indien jy die kans kry om enige plek in die wêreld te gaan woon, waarheen sal jy gaan?

Ek wil graag na Ierland of Nederland emigreer na my studies.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Dit maak my senuweeagtig om so vêr in die toekoms in te dink. Ek beplan nie te vêr vooruit nie, want dinge werk nie altyd uit soos ons dit beplan nie. Ek wil gelukkig wees waar ek is en gelukkig wees met wat ek doen, maar ek wil oor 10 jaar definitief oorsee wees. Ek wil ’n goeie balans in my lewe handhaaf tussen my werk, oefening, gesin en sosiale lewe.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

Related Articles

Back to top button