’n Skaak interhuis byeenkoms is onlangs by Hoërskool Die Anker vir belangstellende leerders aangebied.
Die toernooi het as voorbereiding gedien vir die NWU Prestige Sportreeks wat eersdaags begin.
Die Anker neem saam met 15 ander skole deel in die reeks.
ALSO READ:
Dian is tuis agter ’n skaakbord
Sowat 30 leerders, wat leerders van die buur laerskole ook ingesluit het, het aan die interhuis deelgeneem. Wenners is in die junior-, sowel as senior afdelings, aangekondig.
Divan van der Merwe is aangewys as die senior wenner en Zurika Steyn as die junior wenner.
Die twee leerders het weggestap met medaljes en prysgeld.
Zurika kan veral spog, aangesien sy selfs die hoof van Die Anker, Johan Snyman, geklop het.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us: