Local newsNews

Onderwyser het haar oog op gesogte kroon

Vir my is `n model, eintlik `n rolmodel.

Anais Struassanais@caxton.co.za

’n 31-jarige beeldskone ma van twee jong kinders is vanjaar ’n semi-finalis in die Mev Suid-Afrika kompetisie.

Dominique Fouché woon in Rand Collieries saam met haar man, Jago (31), en hul twee kinders Lucco (4) en Lilea (3).

Dominique vertel dat sy nog altyd ’n effense belangstelling in modelwerk gehad het.

LEES OOK: 

Onderwyser roep halt na 33 jaar

“Ek het al aan een of twee klein modelkompetisies deelgeneem maar dit was eers verlede jaar toe ’n hartsvriendin en kollega, Renate Bekker, my oorreed het om vir Mev SA in te skryf, toe ek deel geword het van Vogue East Rand Models.

“Dit is nooit te laat om jou drome na te jaag nie,” sê Dominique.

“Modelwerk gaan vir my nie net oor die mode, skoonheid of fotografie nie, maar veral oor die geleentheid wat dit skep vir ’n persoon om uit te ryk na jou gemeenskap.

“Vir my is ’n model eintlik ’n rolmodel wat soveel ander vroue en jonger meisies kan aanraak. En dit gaan nie net oor die uiterlike nie, maar deur innerlik vir jouself lief te wees en ander te help” sê Dominique.

“Om te kan sê jy is ’n semi-finalis vir Mev SA is ’n groot eer. Ek is bitter trots om die jaar 2021 saam met sterk, dinamiese vroue te stap.
“Dit is wel ’n lang proses, maar beslis die moeite werd.”

Die aanlyn aansoeke het op 28 Februarie gesluit.

Na aanleiding van die aansoeke, is daar ’n 100 vrouens gekies wat nou bekend staan as die Top 100 semi-finaliste vir Mev SA 2021.

“As ’n semi-finalis moet ek ’n verskeidenheid take voltooi tot wanneer die volgende beoordeling gedurende die laaste week van Junie plaasvind.”

Die top 25 word op 2 Julie aangekondig.

“In my persoonlike hoedanigheid gaan ek intussen voort met my bestaande gemeenskap projek, Call her Blessed, wat ’n huis van veiligheid is vir vroue en kinders.

“Ek gaan ook op my nuwe projekte fokus, waar ek veral na hoërskool meisies uitreik, met die doel om vroue bemagtiging te kweek.

“Ek wil ook fokus op die bewusmaking van Down Syndrome. Laasgenoemde lê my baie na aan die hart, veral vanweë my betrokkenheid by spesiale onderwys.

“Ek is reeds agt jaar in die onderwys, waarvan die laaste vier jaar by spesiale onderrig, en ek geniet elke oomblik. Ek het reeds op ’n vroeë ouderdom besef dat dit die beroep vir my is.

“My ouers is geskei op ’n jong ouderdom en ek moes help om na my sussies om te sien. Daar het ek besef hoe belangrik dit vir my is om ’n verskil te maak en dat ek die vermoë het om inligting oor te dra op ’n waardevolle manier.

“Maar dit was my oorlede skoonma, Ina Fouché, en my pa, Henry Alexander, wat my finaal laat besef het dat onderwys my geroep het om ’n verrykende impak op leerders se lewens te maak,” vertel Dominique.

“My grootste uitdaging is om geduldig te wag vir die regte deure om oop te maak. Ek is ’n passievolle, doelgerigte vrou wat die bal aan die rol wil kry,” vertel Dominique laggend.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button