Local newsNews

Just Wheels Motorklub betrek die jeug ook

Die doel is om ons jeug vanaf die strate te hou en weg van slegte invloede.

Die Just Wheels Motorklub in Brakpan is trots om te sê dat hulle waarskynlik die enigste motorklub ter wêreld is wat ook wiskunde klasse aanbied.

Die program, met Burti Lazarus aan stuur van sake, doen so goed dat ’n gesoute onderwyser, Herman Hatting, onlangs by hom aangesluit het.

“Die klasse is baie populêr en die program het in so ’n mate uitgebrei dat “Just Wheels Junior” gebore is.

“Dit is ’n uitloopsel van ons klub vir persone onder die ouderdom van 18 jaar,” het Bart Zaayman van Just Wheels verduidelik.

“Die doel is om ons jeug vanaf die strate te hou en weg van slegte invloede en die alewige gebruik van moderne tegnologie,” het Zaayman gesê.

“Ons wil vir ons jeug die basiese handvaardighede leer en die tegniese kennis wat daar onder die ouer klublede is, oordra aan die volgende generasie.”

ALSO READ: 

Just wheels hou kersmark

Die program het Saterdag afgeskop met ’n skoonmaaksessie by die klub en die jongspan het hulle goed van hulle taak gekwyt.

“Dit is egter alles nuut vir ons en daar is ’n lang pad voor ons,” het Zaayman gesê.

“Ons benodig ’n stapel goed om ’n basiese werkswinkel in te rig met ’n werkbank en die nodige gereedskap.

“’n Vraghouer sal ideaal werk en indien ons een geborg kan kry sal dit werklik van groot hulp wees,” het Zaayman bygevoeg.

Enigiemand wat betrokke wil raak of op enige manier wil help kan vir Burti Lazarus by 079 457 9830 of vir Bart Zaayman by 083 390 8589 skakel.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button