Local newsNews

Covid-19 sal nog uitdagings in die onderwys bring

“Ons het egter in 2020 gesien dat waar ’n wil is, is ’n weg.”

Die ware impak wat die pandemie in 2020 op die onderwys gehad het sal seker eers veel later aan die lig kom.
Met die nuwe skooljaar wat twee weke later as beplan is afskop, is daar ook onsekerheid en uitdagings wat voorlê.

ALSO READ:

FTR COVID-19 VACCINE

Die Herald het met die hoof van Hoërskool Die Anker, Johan Snyman, gaan gesels om uit te vind hoe die pad vorentoe lyk.

“In 2020 het ons in Suid-Afrikaanse skole ’n ongelooflike moeilike jaar beleef,” het Snyman gesê. “Ons moes aanpas en antwoorde gee op vrae wat ons nie tevore van geweet het nie. Baie dinge het skielik die nuwe normaal geword.

“Onderwysers se grootste probleem was hoe gaan ons al die verlore werk inhaal.
“Ouers was bekommerd oor die veiligheid van hulle kinders. Die leerders was aanvanklik baie opgewonde oor ’n baie lang vakansie, maar het gou besef dat dit tot hulle eie nadeel is.
“Ons almal het daarna uitgesien om 2020 agter die rug te kry.”
Dit is nou 2021 en Covid-19 is steeds met ons. Die akademiese jaar is reeds met ongeveer twee weke uitgestel en leerders begin dus met ’n agterstand.
“Ons het egter in 2020 gesien dat waar ’n wil is, is ’n weg,” het Snyman bygevoeg.

“My raad aan onderwysers is om nie ’n minuut te laat verlore gaan nie. Ons weet nie wat vorentoe gaan gebeur nie.
“Leerders wat elke tweede dag die skool bywoon moet hulle af dae nie as rusdae sien nie. Werk van die begin af baie hard.
“Gebruik elke geleentheid om vooruit te werk. Die klasse is klein en dit bied die geleentheid vir kinders om meer vrae te vra as gewoonlik.”
Sy boodskap aan ouers is om verdraagsaam te wees.

“Weet dat die hoof en personeel van ’n skool altyd die beste belange van kinders eerste stel.
“Personeel is ook blootgestel en hulle is ook bekommerd oor geliefdes en hul eie gesondheid.
“Baie van hulle teken vrywaringsvorms en sê hulle sal skoolhou, alhoewel hulle onderliggende siektetoestande het, wat hul kwesbaar maak vir die virus.
“Ouers moet asseblief ook aanhou om skoolgelde te betaal. Elke skool is steeds afhanklik van hierdie gelde om behoorlik te funksioneer.
“My boodskap aan almal is, moenie ophou leef nie en bly geanker in geloof,” het Snyman gesê.

ALSO READ:

 All Ekurhuleni clinics offer free Covid-19 testing

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button