Local newsNews

Ongeskikte vrou trap kassiere uit

Sy het hom uitgetrap en gevra of hy van mening is dat haar hande vuil is.

Ek was Saterdagoggend in die Spar in Dalview. Dit was besig soos dit maar op die einde van die maand is. Die kassiere het vir elke persoon wat by die betaalpunt gekom het handreiniger aangebied. Ek moet dit baie duidelik stel die kassiere by wie ek betaal het super vriendelik was. Ek het gedink dit is ‘n goeie idee want jy het nou net jou inkopies gedoen en aan alles gevat en nou kan jy jou hande weer reinig.  

ALSO READ:

 All Ekurhuleni clinics offer free Covid-19 testing

Daar was ‘n  bejaarde Engels sprekende vrou agter my. Toe ek klaar betaal het en met my pakkies wegstap het ek gehoor hoe die kassiere vir haar ook reiniger aanbied; weereens baie vriendelik. Sy het behoorlik in die man se keel afgespring. Sy het hom uitgetrap en gevra of hy van mening is dat haar hande vuil is. Ek moes myself keer om nie om te draai en die vrou aan te spreek nie. Tien uit tien vir die Spar en nul uit tien vir daardie vrou wat geen maniere het nie en waarskynlik ook nie omgee dat sy haarself en almal om haar blootstel aan Covid-19 nie.  

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button