Local newsNews

Apteek se bydrae is welkome hupstoot

Die boksies bevat onder andere sagte lekkergoed, toiletware, asook ’n notaboekie en pen.

‘n Projek waarmee Solidariteit Helpende Hand tans besig is het ‘n groot hupstoot gekry danksy ‘n ruim skenking van Steve Rademeyer, eienaar van Benn’s Apteek.

Die organisasie is besig om bederfboksies te vul om sodoende aan bejaardes van Brakpan en Springs uit te deel.

Die boksies bevat onder andere sagte lekkergoed, koekies, toiletware, asook ‘n notaboekie en pen. “Ons het 50 boksies, met die inhoud, van Steve Rademeyer ontvang en met ander skenkings wat ons ontvang het kon ons ‘n verdere 25 boksies pak,” het Belinda Coetzer, onder-voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak gesê.

Die boksies sal op 20 Desember aan bejaarde inwoners van die dorp oorhandig word. ‘n Soortgelyke projek, spesifiek vir die doel, is ook in Springs aan die gang.

Die publiek wat belangstel om skenkings te maak (van die bogenoemde items) kan vir Belinda Coetzer by 076 167 4328 of Esmé Strauss by 084 225 9100 kontak.

Lees: Koop lekker pannekoek en ondersteun Solidariteit Helpende Hand só

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button