Editor's noteLocal newsNews

Oom Belt sterf na hartaanval

’n Gedenkdiens word Saterdag om 11vm by die Just Wheels Motorklub se klubhuis te Kitzingerlaan gehou.

Cecil Griezel (64), of Oom Belt soos hy alombekend was in die dorp, is Sondagoggend na ’n hartaanval oorlede.

Sy bynaam het hy gekry vanweë die feit dat hy die afgelope sowat agt jaar egte leergordels verkoop het.

Hy was elke dag op sy pos langs Athlonelaan, met sy ewe bekende blou kar en sleepwaentjie.

Hy het ook ander leer items soos messakkies en handsakke gemaak, maar mense het van heinde en verre gekom om sy goeie kwaliteit gordels aan te skaf.

Dit was dan gewoonlik ook nie net ’n haastige transaksie nie aangesien Cecil graag met sy kliënte en belangstellendes gesels het en altyd raad gegee het oor die perfekte gordel om aan te skaf.

Lees: Dorp se bekende Ouma Doep (102) oorlede

Die Herald het vroeër vanjaar, op die vooraand van die grendeltyd, met hom gaan gesels toe hy vertel het dat hy die leergordels verkoop om die pensioen wat hy verdien het aan te vul.

Sy vrou, Jean, met wie hy 43 jaar getroud was, het hom van tyd tot tyd vergesel na die plek waar hy sy goedere uitgestal en verkoop het.

Jean het gesê dat sy en die egpaar se twee kinders, Annemarie Botha (42) en Cecil jnr (41), besluit het om voort te gaan om die leergordels te verkoop.

“Cecil het soveel voorraad gehad dat dit eintlik ’n jammerte sal wees indien ons nie voortgaan om goeie gehalte gordels te verkoop nie,” het sy gesê.

Sy het aangedui dat hulle oor so week of wat weer op hul pos sal wees.

Jean vertel dat Cecil die afgelope agt jaar baie vriende gemaak het en dat mense keer op keer terug gekeer het om van sy gordels te koop.

Menige persone het ook gou stilgehou sodat hy ’n verstelling kon maak aan hul gordels, hetsy dit ’n ekstra gaatjie was of om ’n stukkende gespe te vervang.

’n Gedenkdiens word Saterdag om 11vm by die Just Wheels Motorklub se klubhuis te Kitzingerlaan gehou.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button