Editor's noteLocal newsNews

Foto’s: Klub se opedag bring besoekers van heinde en ver

Die dag is goed ondersteun en daar was blink waens van sovêr as Heidelberg, Vanderbijlpark en Frankfort.

Die Just Wheels Motorklub het Sondag ‘n opedag gehou waartydens die publiek die geleentheid gekry het om klublede se voertuie, asook die vuurwaens van besoekers van ander dorpe, van nader te bekyk.

Alhoewel die fokus van die dag die voertuie was, is daar lekker saam gekuier en kon die publiek rondsnuffel tussen ’n groot verskeidenheid stalletjies.

Daar is ook op die nippertjie besluit om geld in te samel vir boere wat deur die onlangse brande geraak is.

Lees: Motors brul deur woonbuurt

‘n Bedrag van R3 245 is bymekaar gemaak.

Goedhartige besoekers het ook geld geskenk aan ’n seuntjie wat in ’n kinderhuis in Bapsfontein woon.

Dié kind verjaar Donderdag en daar is binne ‘n japtrap gereël dat hy ‘n verjaarsdagkoek sal kry en die geld wat geskenk is sal aangewend word om vir hom lekkernye en ‘n verjaarsdaggeskenk aan te koop.

Kirty Jacobs (links) en Pokkie Wiese het heerlike beskuit, koekies en ander lekkernye verkoop.
Abigail Lipp (links), Chené Theron en Ivo Theron het die opedag terdeë geniet.
Oud en jonk het die opedag goed ondersteun. In die foto is Donovan (links), Richard en Michael Elliot.
Dié Lotus Exige het talle besoekers se aandag getrek. Giel Hattingh is die einaar.
Leon Rossouw van Frankfort spog met sy bloedrooi 1967 Pontic GTO.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button