Editor's choiceLocal newsNews

Sangskool spog met goeie welslae by die Dell’Arte Kunstefees

Dié leerders het talent in oorvloed.

Leerders van Musiek-klanke Studio is duidelik in goeie hande, hul prestasies tydens die Dell’Arte Kunstefees getuig daarvan.

Talita Lombard, die eienaar van die sangskool, het ’n passie om talentvolle sangers die geleentheid te bied om te leer en te ontwikkel sodat elke leerder hul talent ten volle kan uitleef.

Musiek-klanke Studio het vir 39 items by die Dell’Arte Kunstefees ingeskryf, waarvan 20 items wenners in die verskillende ouderdomsgroepe was.

Dié sangskool het 17 A+++ simbole ontvang, 15 A++ simbole en sewe A+ simbole.

Chanré Strydom het vir al vier haar items bo 90 persent behaal, waarvan sy die wenner was van drie items, naamlik gospel musiek met klankbaan (93 persent), films met klankbaan (95 persent) en pop musiek met klankbaan (96 persent).

Chanré Strydom, ‘n graad drie leerder aan die Laerskool Baanbreker.

Lees: Geen einde aan dié Sonnies se talente nie

Adriaan Herbst het ook met sy talent gewoeker. Hy was in ’n spesiale kategorie geplaas aangesien hy met Duchenne-spierdistrofie gediagnoseer is.

Die jong seun se omstandighede het beslis nie hom gekeer om as die itemwenner van drie afdelings aangewys te word nie.

Adriaan het 93 persent vir kontemporêre musiek met klankbaan, 89 persent vir volk musiek met klankbaan en 95 persent vir musiekblyspel met klankbaan behaal.

Adriaan Herbst, ‘n graad vyf leerder aan die Muriel Brand Skool.

Klarissa Taljaard was die itemwenner van ‘rock’ musiek met klankbaan en het ’n allemintige 96 persent behaal.

Charney Buchanan het ook baie goed gevaar. Sy is as die itemwenner aangewys vir ligtemusiek met klankbaan (97 persent), gospel musiek met klankbaan (97 persent), musiekblyspel met klankbaan (96 persent) en pop musiek met klankbaan (97 persent).

Charney Buchanan, ‘n graad ses leerder aan Laerskool Die Arend.

Anette Cloete, wat ook in ’n spesiale kategorie geplaas is aangesien sy gesiggestremd is, het ook goeie punte behaal.

Sy het vir kontemporêre musiek met klankbaan 92 persent behaal, 90 persent vir gospel musiek met klankbaan, 88 persent vir jazz met klankbaan en 95 persent vir pop musiek met klankbaan.

Anette Cloete, ‘n graad sewe leerder aan die Eike Kunste- en Leersentrum.

Elize Ann Holloway was as die itemwenner aangewys vir films met klankbaan en het 95 persent behaal.

Elize Ann Holloway, ‘n graad nege leerder aan die Hoërskool Hans Moore.

Magdelie Dormehl was die itemwenner van klassieke musiek met klankbaan (95 persent) asook die itemwenner van musiekblyspel met klankbaan (97 persent).

Magdelie Dormehl, ‘n graad nege leerder van die Hoërskool Oosterlig.

Lees: Kunstenaar verdryf inperking-frustrasie só

Desré Phillips was as die itemwenner aangewys vir gospel musiek met klankbaan (93 persent) asook vir ‘rock’ musiek met klankbaan (93 persent).

Desré Phillips, ‘n graad 10 leerder aan die Hoërskool Stoffberg.

Nog ’n talentvolle leerder, Megan Terblanche, het ook uitgeblink en was die itemwenner van vier afdelings.

Sy het ’n allemintige 95 persent behaal vir ballade musiek met klankbaan, 94 persent vir kontemporêre musiek met klankbaan, 97 persent vir met klankbaan en 94 persent vir moderne musiek met klankbaan.

Megan Terblanche, ‘n graad 10 leerder aan die Hoërskool Stoffberg.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button