Local newsNews

Gemeenskap staan saam toe huis in Dalpark Een brand

Die brandweerwa is dadelik na die huis geneem en almal het gehelp waar hulle kon.

Die vinnige optrede van inwoners en ’n sekuriteitsmaatskappy het Sondag daartoe bygedra dat ’n huis in Dalpark Een nie totaal vernietig is in ’n brand wat teen 12.15nm ontstaan het.

’n Dapper jong man het ook sy eie lewe op die spel geplaas om seker te maak dat daar niemand in die huis, wat toe reeds met rook gevul was, vasgekeer was nie.

’n Tuisgemaakte brandweerwa, wat aan die Dalpark Een Huiseienaars Assosiasie behoort, is ook ingespan om die vlamme onder beheer te bring totdat die nooddienste van Ekurhuleni opgedaag het.

Volgens Hannes Brits, eienaar van CP Armed Response, het mense in Dabchcikstraat alarm gemaak toe dit duidelik word dat daar ’n brand binne in die huis was.

“Die brandweerwa is dadelik na die huis geneem en almal het gehelp waar hulle kon,” het Brits vertel.

“Dit was op daardie stadium ook nie duidelik of daar dalk mense in die huis vasgekeer was nie en dit was ’n groot brom van kommer vir almal wat op die toneel was,” het Brits gesê.

Sy seun, Dewald Brits (25), het aangebied om in die rookgevulde huis, wat steeds gebrand het, te gaan om te probeer vasstel of daar mense vasgekeer was.

“Ons kon die diefwering voor een van die vensters oopkry en nadat Dewald natgespuit is, is hy in die huis in,” het Brits verduidelik.

“Hy het op die toneel behandeling vir rookinaseming ontvang nadat die nooddienste opgedaag het. Die brand is onder bedwang gebring en daar kon verhoed word dat die hele huis in puin gelê word.

“Ek glo die vinnige optrede van my span asook lede van die publiek en die feit dat ons die klein brandweerwa kon gebruik het, het daartoe bygedra dat die huis nie heeltemal afgebrand het nie,” het Brits gesê.

Die eienaar van die huis, Dumisani Ncube (50), was ten tye van die brand nie tuis nie.

Hy het gesê dat hy saam met gesinslede in Pretoria was. Hy het egter groot lof vir almal wat gehelp het om die brand onder beheer te bring.

“Ek wil graag vir elke persoon wat gehelp het bedank. Die gemeenskap het saamgestaan om ons te help en daarvoor is ek baie dankbaar,” het Ncube gesê.

Volgens hom is een van die slaapkamers totaal in puin gelê, maar is daar ook rook skade regdeur die huis.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button