Editor's noteLocal newsNews

Luca-Leigh skitter met vele talente

Luca-Leigh is 'n talentvolle juffie met talent in kuns, drama en sang.

’n 10-Jarige leerder aan die Sonneveld Akademie, Luca-Leigh Nieuwoudt, het onlangs ’n rol losgeslaan in ’n toneelstuk, Sneeuwitjie en die sewe dwerge, by die musiekteater OAK Youth Theatre.

Sy sal as die dwerg, Happy, haar rol vertolk. Luca-Leigh is gedurende ’n sang vertoning by haar sangskool, Studio Cha in Pretoria, raakgesien deur die eienaar van die OAK Youth Theatre, waar sy toe vir ’n oudisie genooi is.

Die talentvolle jonge juffie doen al drama van ’n jong ouderdom en is tans by die Carpe Diem Drama Skool in Kempton Park ingeskryf.

Benewens haar talent vir drama, het sy ook ’n talent vir sang.

Sy is onlangs by haar sangskool as die junior sanger van die jaar aangewys.

Luca-Leigh het ook sowat twee jaar gelede gekwalifiseer om deur talent-afrigters onder hande geneem te word by die iPop (International Presentation of Performers) oudisies, waar sy dan ook later daardie jaar vier liedjies kon opneem in Los Angeles.

Lees: Luca-Leigh reik na die sterre

Die Brenthurst inwoner het ook vroeër vanjaar aan Talent Africa deelgeneem, waar sy deurgedring het na die nasionale rondte en het vier goue medaljes vir sang en vier goue medaljes vir drama ontvang.

Sy het nasionale klere verwerf vir kunste en kan gaan deelneem aan die internasionale rondte in Amerika.

Luca-Leigh het ook verlede jaar aan die Brakpan Kunswedstryd deelgeneem en het uitmuntende prestasies behaal.

Sy is aangewys as die beste junior in die Engelse-afdeling, beste junior vokaal en sy is ook aangewys as die veelsydigste junior.

By die Kempton Park kunswedstryd het die talentvolle meisie ses A++ en drie A+-simbole vir Engelse drama verwerf.

Vir haar Afrikaanse drama het sy agt A++ en een A+-simbool behaal en vir redenaars het sy A++-simbool verwerf.

Luca-Leigh glo dat ’n mens altyd die vrugte sal pluk van harde werk en opoffering en het reeds groot planne vir haar toekoms.

Sy beplan om ’n skoonheidsterapeut te word en wil ook graag deeltyds ander kinders help deur sang en drama af te rig.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button